Items of Various Interest

The Passion of the Christ. - Afrikaans

Moriel se reaksie oor die nuwe Mel Gibson film. (In Afrikaans vertaal)

[caption id="attachment_4045" align="alignright" width="170" caption="Poster to the new Mel Gibson film, The Passion of the Christ"]Poster to the new Mel Gibson film, The Passion of the Christ[/caption]

Ons het Dianne Sawyer van ABC se onderhoud en voorskou uittreksels van die Mel Gibson film bestudeer wat op Asdag -Ash Wednesday , 'n Roomse Katolieke feesdag, vrygestel sal word. Wat egter baie duidelik na vore gekom het is Mel Gibson se ondubbelsinne verklaring, hy s ƒ ª: "Iemand het nie nodig om in Jesus Christus te glo om in die Koninkryk van God in te gaan nie." Die Here Jesus Self leer egter in die Woord van God dat as iemand nie Wedergebore is nie (Deur die Reddende Geloof in Jesus Christus) dan kan hy of sy nie in die Koninkryk van God ingaan nie. Gibson se standpunt reflekteer die ekumeniese / intergeloof hersiening in die Roomse Katolieke kategismus 847. (Wat 846 in dieselfde kategismus weerspreek word wat s ƒ ª dat redding net deur die Rooms Kerk kan kom)

Dit is baie treurig, indien nie pervers nie, dat Evangeliste en Evangeliese herders hierdie rolprent wat deurspek is van Bybelse en historiese onakkuraathede, as 'n Evangeliese hulpmiddel gebruik wat deur mense gemaak is wat nie glo dat geloof in Jesus Christus nodig is vir redding nie, mense wat openlik die Bybelse Evangelie verwerp in 'n direkte opposisie van die Here Jesus se eie woorde .

Mel Gibson is 'n tradisionele Roomse Katoliek wat duidelik strewe na die heidense Mis ritueel in Latyn. Die film is gedeeltelik ge ƒ ¯nspireer deur 'n visie van twee nonne met betrekking tot die "stigmata"- die verskyning van die spyker wonde in die palms van hande, wat deur Mel Gibson bestudeer is. In die voorskou van die film word ook dan gesien hoedat die Roomse spykers in die palm van die hande ingeslaan word. Dit is natuurlik heel voorspelbaar 'n leuen wat ge ƒ ¯nspireer is deur Roomse Katolieke bygelowe. Forensiese patologie en forensiese argeologie het baie duidelik vasgestel dat in die Romeinse kruisiging tegniek die spykers of penne in die radius bokant die gewrig ingeslaan is en nie in die "metacarpus" die middelhand nie, soos wat die film dit vertoon nie, maar dit ondersteun natuurlik die Roomse stigmata bygeloof.

Toegegee, persoonlik vind ek nie Mel Gibson 'n baie talentvolle figuur nie, maar al het ek ook sal die film nog steeds ongerymd wees ten opsigte van die werklike Romeinse kruisiging metode.

Voordat 'n Amerikaanse snelskut Wyatt Earp in Los Angeles in 1929 gesterf het- het hy 'n ware weergawe van die geveg by OK coral weergegee waarna daar in Hollywood 'n rolprent daaroor gemaak is. Wat egter werklik by OK coral in Tombstone- Arizona, gebeur het, en wat op die silwer doek in Hollywood Calefornia uitgebeeld was-was twee verkillende dinge.

Die probleem met films soos "The Passion of the Christ" word gedemonstreer in Oliver Stone se weergawe van "JFK' waar po ƒ «tiese geregverdigde gemagtigde essensi ƒ «le ballistiese feite oor die sluipmoord van Kennedy verhaal word. Dit kon nie net gebeur het volgens die manier wat Kevin Costner dit in die film probeer weergee het nie, maar as gevolg van die puik film standaard het die meeste mense dit nie geweet nie, met die gevolg dat baie mense 'n verdraaide idee gehad het van die mees belangrikste dood in die 20ste eeu van die Amerikaanse geskiedenis. Net so gaan Mel Gibson as gevolg van 'n goed vervaardigde rolprent baie kykers mislei deur 'n verdraaide persepsie van die mees belangrikste dood in die geskiedenis van die mensdom. Soos wat dit in die rolprent "Wagging the Dog," uitgebeeld was, moet die krag van Hollywood om subtiel te mislei nooit onderskat word nie. Die Harry Potter films laat die boosheid goed lyk.

In Israel het ek aan 'n film gewerk saam met 'n direkteur Lou Gosset ('n Talentvolle man) wat gehandel het oor straal veg vliegtuig loodse wat verfilm is op 'n Israeliese lughawe waar gebruik gemaak is van werklike reserwe Israeliese loodse. Ek het gesien hoedat die Hollywoodse direkteure daartoe instaat was om geringe veranderinge aan die film aan te bring deurom dinge wat werklik gebeur het in 'n milit ƒ ªre omgewing so aan te pas om aan die film 'n ander kleur te gee wat werklik kan plaasvind in milit ƒ ªre situasie.

In New York het ek ook vir dieselfde maatskappy saam met die outeur Mario Puso gewerk voordat die Godfather films hom beroemd gemaak het. Hollywood kan nie net boewe soos helde laat lyk nie maar hulle kan ook desperados laat lyk soos onwillige moordenaars pleks van berekende huurlinge wat hulle in werklikheid is. Hierdie rolprent is so.

Die onafhanklike historiese verslae van Flavius Josephus en ander bronne wys dat Pontius Pilatus baie ver weg was van die sagmoedige persoonlikheid tipe wat hierdie film van hom maak. Pilatus het Joodse bloed met die bloed van die tempel offerdiere gemeng.

Die Sanhedrin was in werklikheid grootliks 'n onbeskofte verskeidenheid van karakters met party goeie mense soos Nikod ƒ ©mus. Maar om die Sanhedrin uit te beeld as skurke en Pilatus as 'n sagmoedige mens, is nie volgens die Bybel se beskrywing van Pilatus nie, ook is dit nie 'n historiese feit nie, dit is 'n verdraaide weergawe- dit sit die blaam grootliks op die Sanhedrin terwyl die Apostel Petrus dit in die Nuwe Testament duidelik stel dat die Romeine net so verantwoordelik was. (Hand. 2:23- 4:27-28). Soos wat "Die Jode vir Jesus" in die New York Times verklaar: Hoe kan jy enige iemand blameer vir die Dood van Iemand wat Lewe"?

Die Roomse Katolieke weergawe van die kruis is egter nie 'n Bybelse weergawe nie maar eerder 'n afgodsbeeld van die kruis wat deur God in Sy Woord vervloek is, soos waar 'n Opgestane Christus terug geplaas word aan die kruis. Dit is natuurlik nodig om die heidense gruwel van die herhaling van die Mis aanvaarbaar te kry. 1 Petrus en Hebre ƒ «rs s ƒ ª baie duidelik dat die Here Jesus eens en altyd gesterf het as die perfekte Offer waardeur Hy eens en altyd die vrygekooptes geheilig het. Die Rooms Katolieke Mis is dieselfde offer oor en oor en dit is 'n fundamentele verwerping van die Bybelse Evangelie.

Ons sien nie die rolprent as anti Semities nie, maar die rolprent se Bybelse en histories misinterpretasie van Pilatus impliseer 'n regverdiging van Pilatus en Rome wat Petrus se rede weerspreek wat aanleiding kan gee tot anti Semitiese optredes soos in die geval van die Roomse Katolieke Obberamagau Passie Spel, wat deur deur Hitler en Goebbels ontwerp was as 'n anti Joodse politieke / godsdienstige propaganda. Hierdie "passion" rolprent, 'n Roomse Katolieke ge ƒ ¯nspireerde rolprent, (Heel waarskynlik ook deur die Antichris pous goedgekeur) is histories onakkuraat, verdraai, en soos enige iets anders ingekleur deur die kanker van Roomse katolisisme, en dit is nie iets wat ons sal aanbeveel of onderskryf nie. Maar ons ondersteun die Jesus film wat deur Evangeliste vervaardig is wat suksesvol gebruik word in die Evangelisering van Russiese Joodse groepe en Moslems. Ons het nie historiese en Bybelse onakkurate en verdraaide sekul ƒ ªre rolprente wat deur Hollywood onder die invloed van Roomse Katolieke bygelowigheid vervaardig is nodig om die Evangelie aan enige mens te bring nie. Nog minder het ons 'n sekul ƒ ªre rolprent nodig wat deur iemand gemaak is wat glo aan 'n valse evangelie waar ges ƒ ª word dat redding deur sakramente verkry kan word in plaas van deur Wedergeboorte, en dat ons vir ons eie sondes kan betaal deur die uitvindsel van die vae vuur, terwyl die Bybel leer dat die Bloed van Jesus ons reinig van alle sonde. Paulus s ƒ ª in Galasi ƒ «rs 1 dat diegene wat 'n ander evangelie verkondig vervloek is. Die akteur wat die rol van Christus in die film speel is 'n Roomse Katoliek wat s ƒ ª dat hy nie voor die kameras sou kon optree as hy nie Jesus in hom gehad het nie! Dit is 'n heldedaad wat nie eens deur Wedergebore Christene nagedoen kan word nie, maar wat deur die gebruik van die kanibalistiese Roomse Katolieke Eucharist verkry kan word wat direk die duidelike Leer van die Apostel in Handelinge 15 weerspreek waar die kanibalistiese eet van bloed veroordeel word. Die verstommend hoedat Chrsitene wat hierdie rolprent so ophemel 'n spektakel van hulself maak waar die vervaardiger in 'n internasionale TV onderhoud verklaar dat Geloof in Christus nie nodig is om in die Koninkryk van God te kan kom nie? Baie "Christelike" boek winkels verkoop alreeds replikas van die spykers of penne wat in die film gebruik is en deur Mel Gibson goedgekeur is. Hierdie rolprent het alreeds die potensiaal om die sataniese ekumeniese misleiding te bevoordeel onder Evangeliste wat hierdie dinge nie kan onderskei nie, terwyl dit geen waarde vir die Koninkryk van God het nie. Dit is maar net nog 'n stappie verder in die misleiding van Christene wat die Bybelse riglyne verwerp en wat hulle geloof stel op 'n ondervinding geloof wat gebaseer word op emosionele reaksies instede van Skriftuurlike ondervinding wat gebaseer word op 'n ware geestelike reaksie. As God volgens sy Wil hierdie rolprent gebruik om 'n siel te red, loof die Here. Ek het in 'n kultus, die "The Chrildren of God" tot bekering gekom, en 'n vriend van my het deur 'n spiritistiese bord tot redding gekom. God kan enige ding gebruik. Maar ek sal nooit 'n spiritistiese bord bekering of 'n okkultiese beweging evangeliesasie aanbeveel nie, en in belang van Moriel sal ek persoonlik ook nie 'n "Hollywood evangelisasie" aanbeveel nie.

In Jesus.
Jacob Prasch
Moriel Ministries.

Ander bydraes.
David Lister.