D. E. Isom

The Wilderness Then and Now in Afrikaans

Die wildernis van gister en nou.

"Want ek wil nie h ƒ ª, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, en almal dieselfde geestelike spys ge ƒ «et het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn"¦ Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het." (1 Kor.10: 1-5,11)

Die vertrek van Israel uit Egipte na die Beloofde Land is sekerlik die mees Skriftuurlike voorbeeld van redding uit die ou lewe in die nuwe lewe, maar "˜n baie tragiese ding gebeur op hierdie reis. Iets wat baie moeilik is om te begryp is dat "˜n groot menigte in die geledere van God se mense geestelik so korrup geraak het dat God hulle verbied het om in die Beloofde Land in te gaan. Net "˜n klein groepie van die oorspronklike groep het ingegaan. Miskien was hulle nie gered om mee te begin nie. Maar Paulus s ƒ ª: "Almal was in Moses gedoop, almal het dieselfde geestelike voedsel ge ƒ «et"¦dieselfde geestelike drank gedrink!" Almal het die Ou Testamentiese vleeswording van Jesus gevolg. Dit is moeilik om te dink dat hulle geestelike voorbeelde met onfeilbare kwalifikasies was.

In hierdie laaste ure voor Jesus se wederkoms kan ons baie leer uit hierdie voorbeeld van die komende "Groot Afval".

Hoe kon "˜n groep Gelowiges, gered en gedoop, wat deur Jesus gevoed en gelei was- aan die einde nie deur God in Sy beloofde rus in genooi word nie? Hoe kon dinge so verkeerd geloop het dat net "˜n klein oorblyfsel kon ingaan? Dit wil voorkom asof hulle alles gehad het, ook gemeet aan vandag se standaarde- geestelike standaarde wat nodig is vir "˜n persoon om as "˜n ware gelowige Christen uit te staan.

Hoe kan iemand wat deur die redding ondervinding gegaan het, deur die water doop- van die dood na die lewe- wat deur God se voorsienigheid gevoed en geleer is- wat die krag van God se werke in hulle lewe ondervind het- aan die einde onsuksesvol wees? Wat ons sien is "˜n presiese weergawe van wat met Israel gebeur het en weer in hierdie Laaste Dae gaan gebeur.

Die afval van God se mense in die wildernis- is "˜n toekoms beeld van die Groot Afval van God se mense in die Laaste Dae, soos wat Paulus dit stel, hulle was "˜n voorbeeld vir ons- ‚  "as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het."

"En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie." (1 Kor. 10:6)

Gelowiges deur al die eeue van die geskiedenis was en sal deur die bose versoek word, die spanning om te probeer lewe in bose w ƒ ªreld sal altyd met ons wees, maar iets gebeur wanneer mense in plaas van om teen die boosheid te stry, begin om die boosheid te omhels- om uit te sien na verkeerde dinge. Wanneer "˜n begeerte begin vrug dra.

Die grootste gedeelte van Israel se geslag wat uit Egipte gekom het- het nie die beloofde Land gesien nie omdat hulle begin terug verlang het- of begeer het om terug te keer na die lewe wat hulle in Egipte gelewe het in plaas van die heilige dinge en dit wat daarop sou volg.

"Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort." Jak 1:14-15)

Hierdie terugval proses na persoonlike begeertes is baie duidelik in die voorbeeld van Israel as dit kom by God se voorsienigheid vir Israel se voeding. Alhoewel God hulle van "geestelike voedsel" en "geestelike drank" voorsien het (1 Kor. 10:3-4), is dit een van die vroegste voorbeelde waar persoonlike wellus oorgeneem het.

"Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel. Maar nou is ons siel dor; daar's glad niks nie: net die manna is voor ons o ƒ «." (Num. 11:5-6)

Regdeur die Skrifte is voedsel een van die mees gebruikte simbole in die Woord van die Here. Wat begin het in die les van die manna is uiteindelik begryp in Christus self as die "Brood van die Lewe" (Joh. 6:35). Moses verklaar spesifiek die groter betekenis van die manna.

"En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan." (Deut. 8:3)

Waar het alles begin verkeerd loop vir God se mense? Waar het hulle begin verkeerd gaan soos met hulle begeerte na verkeerde dinge? Hulle het die Woord van die Here vergeet, hulle het nie meer God se voeding deur Sy Woord as genoegsaam beskou nie, hulle het begin om deur die dinge van die w ƒ ªreld gevoed te word in plaas van die dinge van die Gees.

Ons sien dit alreeds met mense wat die Opkomende Kerk se gebruike van beskouende (kontemplatiewe) gebede, ekumeniese eensgesindheid en valse aanbidding praktyke begin aanhang. Dit het alreeds begin met die aanvaarding van sielkundige bemarking tegnieke wat deur die Kerk Groei Beweging en die Doel Gedrewe Beweging as "˜n vervanging van Skriftuurlike Bybelse gebruike. Dit het alreeds begin deur om die ware Evangelie van Redding van Jesus Christus te vervang met "˜n sosiale evangelie met die idee dat alle gelowe op "˜n manier dieselfde god aanbid.

Al hierdie en baie ander "bewegings" in die Kerk het almal dieselfde ding in gemeen: In hulle wese verwerp almal die eenvoudige leer van die Skrifte. In plaas van om die Evangelie na die w ƒ ªreld te bring, bring hulle die w ƒ ªreld in die Evangelie. Hierdie begeerte (wellus) het alreeds op baie vlakke en deur baie fronte begin.

Paulus vertel vir ons hoe hierdie begeerlikheid in vier uitkenbare gedragspatrone kan ontwikkel, dinge wat God nie behaag nie, dinge wat sal aanleiding gee dat baie "Christene" nie die Beloofde Land sal sien nie.

"En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel." (1 Kor.10:7)

Wat was die eerste afvallige daad waarin Israel betrokke geraak het? Die goue kalf. (Ex.32)

Die kern van hierdie afval is nie dat hulle agter "˜n ander god aangeloop het nie en ook nie die Ware God direk verwerp het nie, hulle groot oortreding was dat hulle die Ware God op "˜n verkeerde wyse aanbid het. Hoe het A ƒ ¤ron die goue kalf voorgestel? Asof dit die Ware God van Israel verteenwoordig!

"En hulle het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle 'n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en ges ƒ ª: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het." (Ex. 32:8)

Hulle "het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het"- hulle het God se Woord en wee verlaat en dit vervang met iets anders met die idee dat hulle werke die Ware God van Israel verteenwoordig.

Dit is waarom hierdie "nuwe dinge" soos die Opkomende Kerk, die Doelgedrewe agenda, die ekumeniese beweging ens. afgodery is. Nie een van hulle verwerp Jesus Christus vir "˜n ander Redder nie, die feit is- almal maak daarop aanspraak dat hulle nie net Jesus as die fokus punt behou nie maar dat hulle Hom ook verteenwoordig deur om Hom op die beste manier te aanbid!

Net soos wat Israel nie opgehou het om die Naam Yahweh in hulle aanbidding van die kalf te gebruik nie, net so het die moderne weergawe nie opgehou om die Naam van Jesus Christus te gebruik nie. Die waarheid is egter hulle is besig met afgodery.

Hier gaan dit nie oor verskillende opinies van hoe om kerk te hou nie maar oor "˜n bose begeerte vir die insluiting van w ƒ ªreldse dinge wat aanleiding gee tot onbybelse aanbidding praktyke wat niks ander as afgodery is nie.

"En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval." (1 Kor. 10:8)

Om die duidelike betekenis hier te verstaan voeg seksualiteit wat volg op immoraliteit by.

"˜n Tweede rede vir afvalligheid is verwant aan die sonde van Peor (Num.25). "˜n Seksuele verval deur die Midianitiese vroue het aanleiding gegee tot valse seksuele aanbidding praktyke wat aanleiding gegee het tot die optrede van Phinias wat "˜n einde gebring het aan hierdie situasie.

Regdeur die Skrifte is die herhalende leer dat ontrouheid ook gesien moet word as hoerery en seksuele immoraliteit. Oor en oor verklaar die Here dat "˜n getroue fisiese verhouding die beeld is van "˜n getroue geestelike verhouding met Hom. Die feit is, iemand wat ontrou is in sy aardse verhoudinge kan ook nie getrou wees in sy verhouding met God nie. (Kyk na die verhaal van Dawid en Batseba)

Dit is ook "˜n herhalende leer in die Skrifte dat die onafwendbare eindbestemming van seksuele immoraliteit- afgodery is. In die Skrifte word hierdie dinge altyd verbind. Net soos wat hierdie dinge in die Ou Testament "˜n skeiding tussen mense en God veroorsaak het, netso word dit in die Nuwe Testament bevestig.

"Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat 'n afgodedienaar is, 'n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie." ‚  (Ef. 5:5)

Ons lewe in "˜n tyd waar daar geen statistiese verskille oor enige seksuele onderwerp bestaan nie, hetsy gedrag of houding tussen mense wat kerk bywoon of nie bywoon nie. Daar is geen verskil tussen geskei, owerspel of houding teenoor homoseksualiteit of enige ander kategorie van seksuele immorele gedragspatrone volgens Skriftuurlike standaarde nie.

"˜n Baie duidelike faktor in die huidige vlak van afval is dat die kerk nie meer duidelik verskil van die res van die w ƒ ªreld nie. Net soos wat dit noodlottige nagevolge vir Israel in die wildernis ingehou het, net so is die werking daarvan dieselfde vir die kerk van ons dag.

"En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom." (1 Kor. 10:9)

Die derde afvallige groep word gevind in die voorbeeld van die koperslang. (Num. 21:4-9) Dit is een van die talle kere waar mense ongeduldig geword en teen God gemurmureer het, die woord wat hier gebruik word het meer te doen met "afslyt"-"˜n herhalende gedrag- as wat dit te doen het met protes.

Skriftuurlik gaan dit oor mense wat ongeduldig geword het as gevolg van die reis, (Num. 21:4) omdat dinge nie volgens hulle persoonlike voorkeure gebeur het nie, omdat dat daar nie meer "˜n begeerte by hulle was om by God se tydtafel in gehoorsaamheid in te skakel nie en na ander alternatiewe vir die Woord van die Here begin soek het.

Vandag is daar is baie voorbeelde van verlore Christelike waardes met betrekking tot toegewydheid en heiligmaking. Gaan kyk na die sogenaamde Christelike boekwinkels waar dit grootliks gaan oor "˜n "Christelike leefwyse" met titels soos: "Five Steps to Prosperity", "Ten Rules for a Happy Life"- en so kan dit aangaan- kits oplossing wat nie werk nie! Van dissipelskap as "˜n lewens proses word niks ges ƒ ª nie. Dit is "˜n duidelike refleksie van die huidige gety van afval met betrekking tot die Eind Tyd.

"Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en s ƒ ª: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af." (2 Pet. 3:3-4)

Let op hoedat hierdie bespotting die resultaat word van "wandel in hulle eie begeerlikhede" (Die Heilige Gees bevestig dieselfde patroon deur Petrus en Paulus.)

Dieselfde boekwinkels wat vandag tot teen hulle dakke vol staan met dit wat mense wil hoor, is dieselfde winkels wat eens op "˜n tyd vol was van "˜n skynbare eindelose stroom boeke oor die Laaste Dae. In baie van ons se leeftyd het die pendulum geswaai van "˜n kerk wat w ƒ ªreldwyd gevestig was op die Wederkoms van Christus- na "˜n kerk wat dit vandag grootliks ignoreer. Baie popul ƒ ªre kerkleiers van die dag wil niks daarmee te doen h ƒ ª nie.

Volgens Paulus is dit die gedrag van mense wat "ongeduldig" is met die Here. Soos wat die Israeliete ges ƒ ª het: "Hoekom vat dit so lank? Ons sal nooit daar kom nie!" Vandag hoor ons dieselfde. Net soos wat Israel begin terug verlang het na hulle ou lewe in Egipte, net so is daar vandag baie Christene wat terug verlang na die "goeie ou dae".

"En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom." (1 Kor. 10:10)

Die laaste punt wat Paulus aanspreek oor afval is murmurering, "˜n probleem wat so baie in die wildernis voorgekom het dat "˜n mense wonder of die Boek Numerie nie ander naam moes gekry het nie.

Daar is sewe insidente net in Numerie, dertien in die Boeke van Moses. Paulus praat oor die rebellie van Korag. (Num. 16) Dit gaan oor wat murmurering eintlik beteken. Korag en diegene wat saam met hom teen Moses en A ƒ ¤ron gerebelleer het- het gegaan oor die leierskap oor God se mense wat hulle wou oorneem. Dit is ook die ewige stryd van "˜n gelowige tussen die ware en valse herders- wat gaan oor beheer van die kudde.

Een van die sekere tekens van afval is wanneer onenigheid begin toeneem tussen ware herders. Die idee is:Wanneer dinge nie meer aantreklik genoeg lyk nie- bekla die ware herder uit en kry vir jou "˜n herder wat die Opreisende siening preek. Wil jy dinge meer kultuurlik verwant en minder Bybels sien? Bekla die ware herder uit en kry vir jou "˜n herder wat die Doel Gedrewe siening preek.

Wil jy alle gelowe sien hande vat in een geloof? Bekla die ware herder uit en kry vir jou "˜n herder wat ekumenisme en die New Age siening preek.

Hoekom is die kerk van vandag nie meer die sout van die w ƒ ªreld nie? Omdat die getroue herders van die Woord van God uit gemurmureer word ten gunste van leraars wat vir mense preek wat hulle graag wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie..

"-want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,-" (2 Tim.4:3)

Ons is voorsien van vier hoof karaktertrekke of gedragspatrone- wat die oorspronklike afval wat Israel in die wildernis ondervind het definieer, dinge wat vandag nog bestaan maar met "˜n baie groter inslag.

"En wees ook nie afgodedienaars"¦" (v.7) in die karakter van die goue kalf.

"En laat ons nie hoereer"¦" (seksueel) (v.8) in die karakter van die sonde van Peor.

"En laat ons Christus nie versoek"¦" (v.9) in die karakter van die koperslang.

"En moenie murmureer"¦" (v.10) soos in die karakter van Korag se rebellie.

Paulus verwys spesifiek na die betekenis en verband van dit wat hy s ƒ ª met die Eindtyd, hy gaan verder en s ƒ ª:

"Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie." (1 Kor.10:11-12)

Net soos die geval van die Israeliete sien ons "˜n menigte wat die reis begin maar net "˜n oorblyfsel wat dit gaan voltooi. Hier word nie gepraat van die profetiese eindtyd oordele wat teen diegene gaan kom wat nie wil glo nie, dit gaan oor die oordeel wat eerstens in die Huis van God gaan begin.

Wat gaan in die Groot Afval gebeur? Dit sal alles begin met "˜n groot misleiding weg van die Woord van die Here af. Baie gaan totaal wegval. Ander gaan vreemde Bybel vertalings aanneem. (Die Boodskap- The Message, The Voice, ens.). Baie gaan boeke en geskrifte soos die Doel Gedrewe Kerk, The Shack ens. op "˜n ho ƒ «r vlak stel as die Bybel. Die algemene denkes sal "˜n afgewaterde vorm van die Woord aanhang deur die insluiting van w ƒ ªreldse dinge binne in die kerk.

Baie binne in die Kerk sal God net in die naam aanbid en dien terwyl hulle glo hulle kan ander godsdienste se praktyke met die Woord van die Here meng met die idee dat alle gelowe dieselfde god aanbid.

Baie binne in die Kerk sal seksuele gedragspatrone voorstaan wat direk deur die Woord van die Here veroordeel word maar wat deur die w ƒ ªreld as normaal beskou word.

Baie binne in die Kerk sal ongeduldig raak en probeer kortpaaie vat om die koms van die Here te verhaas en so die Skrifte ondermyn en so spotters van die leer van die Eindtyd word, mense wat probeer om die Koninkryk voor die Wederkoms van Christus op te rig.

Baie binne in die Kerk sal die ware herders uit die kerke murmureer om plek te maak vir valse herders wat die skape met leuens mislei.

Met die wildernis ondervinding as "˜n skaduwee van die afval van die Laaste Dae is die vraag nie wanneer die afval gaan begin nie omdat dit alreeds begin het!

Wat het al hierdie dinge in gemeen?

Hoe kan gelowiges wat die getuienis van bekering gedra het, wat deur die doopwater gegaan het en van die dood na die lewe gekom het, wat deur Christus gelei was- so ver terugval? Mense wat eens op "˜n tyd "˜n keuse gemaak het om aan God gehoorsaam te wees maar wat nou "˜n keuse gemaak het om terug te val na die w ƒ ªreld!

Afval is die onafwendbare eindbestemming van mense wat die outoriteit van die Woord van die Here verruil het vir leuens en w ƒ ªreldse dinge en dit nog steeds Christelik noem. Dit is die teksboek definisie van afval, die "Groot Afval". Ons moet ook onthou dat dit onmoontlik is om "afvallig" te raak van iets wat in die eerste plek nie bestaan het nie. (Daar is baie mense wat dink hulle is gered.)

Kom ons kyk verder na Paulus se leer, die hartkennis wat elke Christen in die geskiedenis, gister en vandag ken..

"Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra." (1 Kor. 10:13)

Hierdie teks word baie keer buite konteks aangehaal en so kom ons nie by die ware betekenis daarvan uit nie. Terwyl hierdie teks algemeen vir enige of alle versoekings in die lewe waar kan wees het die spesifieke toepassing daarvan in die konteks van Paulus se leer te doen met "˜n versoeking tot afgodery, "˜n versoeking om betrokke te raak in iets wat seksueel immoreel is, "˜n versoeking wat God se geduld op die proef stel, "˜n versoeking om teen die ware herders te murmureer!

Die belofte van "˜n uitkoms, van redding- het spesifiek te doen met getrouheid, om getrou te bly.

Die volgende teks is waarom alles gaan:

"Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens." (1 Kor. 10:14)

Soos wat die ou teolo ƒ « ges ƒ ª het, "Wanneer jy die woord "daarom" in die Skrifte sien, stop en kyk waarom dit daar staan." Al die uitgeligte gedragspatrone is variasies van afgodery.

Die kern van enige afval, of dit nou die voorbeeld van Israel in die wildernis is, of die geprofeteerde finale een wat nou besig is om te ontvou, is om toe te laat dat iets die eksklusiewe diens en aanbidding van Jesus Christus vervang.

Die mees potensi ƒ «le gevaarlikste versoeking waarteen enige Christen te staan kan kom is "˜n voorliefde, "˜n geneigdheid tot afgodery. Hierdie teksvers doen "˜n ernstige beroep om vas te staan teen bose versoekinge wat getrouheid ondermyn.

Daar is "˜n verkeerde idee dat geestelike onderskeiding net te doen het met die identifisering van valse apostels, profete en herders in die algemeen.

Terwyl dit "˜n deel uitmaak van hierdie bediening is dit duidelik in die Woord van die Here dat dit ook van toepassing is op die werke en lewe van gewone gelowiges. Al die dinge waarteen Paulus waarsku en die belofte van "˜n uitkoms, is gedragspatrone van gewone Christene.

Terwyl ons nie kan plek gee vir leiers wat vir valse dinge verantwoordelik is nie, is die waarheid dat die geveg ook moet woed onder diegene wat afgodery omhels, mense wat immoreel handel, wat God se geduld op die proef stel en wat murmureer teen die ware herders. Dit is waar die ware stryd teen afval gestry word, waar die moeilikste versoekings skuil: Tussen die mure van die Kerk! Die belofte is dat God ontvlugting sal voorsien- maar ons word ernstig daaraan herinner:"Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens."

Groete in Jesus.

In Sy Liefde

Danny Isom

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

The wilderniss Then and Now / Vertaal / 01/2011